Die Suid-Afrikaanse Poskantoor in Upington kon onlangs nie voertuiglisensieskyfies druk nie weens ’n gebrek aan geld om linte van drukkers te vervang. Sedert die Poskantoor in sakeredding geplaas is, spook die oorblywende kantore om met beperkte hulpbronne dienste te lewer. Ná ’n besoek deur Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, het dié organisasie se Upington-tak aangebied om nuwe linte te koop sodat dienslewering hervat kon word. Met die hulp van Nashua Upington is linte bestel en afgelewer. Met die ontvangs van die eerste nuwe lint is van links Strauss, Trooi Isaacs en Mildrid Links, albei werksaam by dié poskantoor.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article