Besoek skool ná heropening

Terwyl duisende leerlinge Maandag na skole in die Noord-Kaap teruggekeer het, het die getal bevestigde koronavirusgevalle in die provinsie toe tot 9 129 gestyg.


Zamani Saul

Terwyl duisende leerlinge Maandag na skole in die Noord-Kaap teruggekeer het, het die getal bevestigde koronavirusgevalle in die provinsie toe tot 9 129 gestyg. Dit was ’n styging van 2 000 gevalle oor die vorige tien dae. Die Covid-19-sterftesyfer het in dieselfde tydperk van 76 tot 106 gestyg. Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, sê geen ernstige voorvalle is Maandag aangemeld nie. Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het Maandagoggend die Gekombineerde Skool Noupoort besoek. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.