Walk by Faith
Van links is Collin Molusi, Zjazon Cloete, Donna Sandt (al drie van die Protea-hotel) en Shaun Thekisho (addisionele bestuurslid, sopkombuis). Foto: Verskaf

Walk by Faith
Die Walk-By-Faith Soup Kitchen in Santa Centre/Mahala Park, Kimberley, is op Mandeladag verras met personeellede van die Protea-hotel se besoek. Hulle het sop en broodrolletjies, genoeg vir 63 mense, oorhandig. “Dit was ‘n wonderlike ervaring. Ons bedank die hotel hartlik vir hul uitreiking na ons, wat ‘n glimlag op gesigte geplaas het en ‘n voetspoor in ‘n hart gelaat het,” sê Gregory Taylor, stigter en voorsitter van dié niewinsgewende organisasie. Hy sê enigeen kan skenk, hetsy kosprodukte, klere, skool-klere of -benodigdhede. Bel hom by 073 198 3506 of volg Walk-By-Faith Soup Kitchen op Facebook. Van links is Collin Molusi, Zjazon Cloete, Donna Sandt (al drie van die Protea-hotel) en Shaun Thekisho (addisionele bestuurslid, sopkombuis). Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.