Die openingsgeleentheid van die Kameraadskap-kunsprojek, aangebied deur Ons Karoo en Kontrei, het Maandagaand (10/07) in Bloemfontein plaasgevind. Die uitstalling is tydens die Vrystaat Kunstefees in die voorportaal van die Scaena-saal op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus in Bloemfontein te sien. Dit is een van die vyf feeste waar die uitstalling plaasvind. Die fees duur tot Saterdag (15/07).

Foto: Facebook/Ons Karoo en Kontrei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article