Beleef Hollywood-glans tuis

Kort op die hakke van Arco Musica en Sentraal24 se eerste konsert in die aanlyn konsertreeks Magic of the Moment, word die tweede konsert, Music from the Movies, nou aangebied.


Kort op die hakke van Arco Musica en Sentraal24 se eerste konsert in die aanlyn konsertreeks Magic of the Moment, word die tweede konsert, Music from the Movies, nou aangebied.

Music from the Movies sal, soos die vorige konsert, ook ’n regstreekse uitsending wees waar die Arco-musikante en sangers Kyle Grant, Arend jr. en Cezanne Yzélle luisteraars met musikale hoogtepunte uit die rolprentbedryf verras.

Instrumentale nommers soos die temalied uit Pirates of the Carib­bean, Forrest Gump, The Mission en Cinema Paradiso word afgewissel met vokale nommers soos onder meer “Shallow” uit A Star is born, “Love on the rocks” uit Jazz Singer, “Can you feel the love tonight” uit The Lion King, “The writing’s on the wall” uit die James Bond-fliek Spectre, “Take my breath away” uit Top Gun en “A million dreams” uit The Greatest Showman. Kaartjies kos R75 en is by Quicket beskikbaar. Sodra jy jou kaartjie gekoop het, sal jy ’n skakel na die konsert ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.