Terwyl die laatmiddagverkeer op die N12 verbydreun, en ’n trein met waens vol ystererts onderdeur dié treinbrug klater, rig die son ’n laaste verblindende oog oor die Noord-Kaapse vlaktes tussen Kimberley en Riverton. Vir hierdie eerste week in April, waarin die son net ná 18:00 agter die horison verdwyn, word ’n gemiddelde minimum temperatuur van 15 °C vir Kimberley voorspel, met ’n gemiddelde maksimum van 28 °C