Theané Willemse (17) van Boshof, Mej. Tiener Suid-Afrika 2022, het die vierde plek in die Mej. Tiener Heelal-kompetisie behaal. Sy het ook die prys vir die beste talent ontvang. Die kroningsgeleentheid het Donderdagaand (17/11) in Miami in die deelstaat Florida plaasgevind. Theané was vanjaar nog ’n leerling aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, maar ontvang nou tuisonderrig. Sy is passievol oor jeugsorgsentrums en het vanjaar talle oor die land heen besoek. – Cheréne Pienaar

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article