Rugbygeesdriftiges tydens die wedstryd tussen die Griekwas en Luiperds in die Suzuki-stadion in Kimberley.

Foto: Griquas/Louis Botha Fotografie

In die eerste ronde van die SA Beker-rugbyreeks het die Griekwas op Donderdag 21 Maart teen die Luiperds in die Suzuki-stadion in Kimberley gespeel. Die Griekwas het die Luiperds met 88 – 0 uitgestof.

Die SA Beker is ’n nuwe provinsiale kompetisie wat uit 46 wedstryde bestaan. Tien provinsiale spanne sal oor die volgende nege weke mekaar die stryd aansê.

Tydens die eindstryd in die ligafase sal die topspanne op 24 en 25 Mei teen mekaar te staan kom.

Die Griekwas se volgende wedstryd is op Donderdag 28 Maart teen die Valke in die Barnard-stadion in Kemptonpark.

Punte teen die Luiperds is aangeteken deur Janco Uys, George Whitehead, Sako Makata, Athi Khethani, Lubabalo Dobela, Marcqwien Titus, Connor Mahoney, Thomas Bursey, Tertius Kruger, Xamlashe Sango en Stephan Smit.

You need to be Logged In to leave a comment.