bek-en-klouseer
Groot kommer heers in die landboubedryf oor die 74 bek-en-klouseer gevalle wat nou in die Vrystaat bevestig is. FOTO: Madli Grobbelaar

Diep kommer heers oor die aantal bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat wat skerp styg. 

In ‘n verklaring van die departement van landbou en landelike ontwikkeling wat op Donderdag 6 November uitgereik is, staan die totale bevestigde bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat, op 74.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad 10
  • Viljoenskroon en Vredefort-distrik 39
  • Deneysville en Sasolburg 4
  • Cornelia en Frankfort 8
  • Heilbron 2
  • Parys 5
  • Edenville 3
  • Odendaalsrus 1
  • Bothaville 2

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling sê inenting van die besmette diere is ‘n prioriteit en is onmiddelik toegedien om die viruslading te verminder en verdere verspreiding  te beperk. Hulle doen egter ‘n dringende beroep op alle boere, veespekulante en ander belanghebbendes om saam te werk sodat die verspreiding van die virus hok geslaan kan word.

In ‘n verklaring deur Sparta Beef op Donderdag 6 November, sê die onderneming dat ‘n moontlike geval van bek-en-klouseer by hulle voerkrale in Marquard ondersoek word.  Die voerkraal is nou onder kwarantyn geplaas hangende die laboratorium se toetsuitslae. Sparta Beef sê hulle handhaaf streng biosekuriteitsprotokolle en ondersoek die saak. ‘n Bek-en-klouseer geval is verlede week ook by Gouda in die Wes-Kaap aangemeld.

Lees ook: Foot-and-Mouth Disease case confirmed near Gouda, two more farms quarantined

Alle boere en belanghebbendes word versoek om aan die volgende te voldoen:

  • Beperk die beweging van enige gesplete hoefdiere
  • Hou streng by biosekuriteitsmaatreëls, wat die ontsmetting van voertuie en toerusting insluit
  • Enige nuwe vee moet vir 28 dae in kwarantyn plaas word voordat dit by die bestaande kudde ingebring kan word
  • Hou rekords van alle dierebewegings en besoekers aan die plaas
  • Kontak dadelik die staatsveearts wanneer daar ‘n vermoede is diere is met die virus besmet. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article