Die wenspan van vanjaar se Golden Oldie-kampioenskap is Acacia 2 van die Acacia-aftreeoord in Kimberley. Van links is Bruce Grindlay, Mynie van Tonder, Susan van den Heever, Pierre van den Heever, Johnny Bronn en Mike Combrink.Foto’s: helena barnard


Meer as 20 spanne het vanjaar aan die derde Golden Oldie-kampioenskap in Kimberley deelgeneem.

Spanne wat uit bejaardes van onder meer Griekwastad, Douglas, Modderrivier, Bloemfontein en Kimberley bestaan, het op Vrydag 18 Oktober by die Acaciapark-aftreeoord vir dié pretdag byeengekom.

Die byeenkoms word deur die Noord-Kaap-streek van die Vereniging vir Demensie en Alzheimer se siekte in Suid-Afrika (Adasa) aangebied.

Die span van die Resthaven-tehuis vir bejaardes in Kimberley is van links, voor: Grace Munguni, Virginia Keetile, Rosy Gumede en Nobel Heneke; agter: Kgomotso Mompati (bestuurder), Edward Porter, Mangaliso Mqina, Tebogo Mongale, Ishmael Moitse en Faith Riet (verpleegster).

Tydens die byeenkoms neem die spanlede aan ’n verskeidenheid speletjies deel, onder meer veerpyltjies gooi na ballonne op ’n draaiende wiel, skyfskiet, doelskiet en boontjiesakgooi. Dit verg onder meer fyn motoriese beweging, balans en hand-oog-koördinasie.

Emsie Malan, streek­bestuurder, het vroeër vertel dat benewens om aktief te wees, die bejaardes sosiaal verkeer. Dié byeenkoms word boonop aangebied vir verdere bewusmaking van Wêreld-Alzheimermaand, wat jaarliks in September plaasvind.

Vanjaar se wenspan was Acacia 2 van Kimberley, gevolg deur die span van Modderrivier, met die span van Trans-50 se Fichardtpark-afteeoord in Bloemfontein derde.

Van die Stillerweë-tehuis vir bejaardes in Kimberley is, van links, Treyna Treurnicht, Maud Greggor en Ingrid Atwell.

Demensie beskryf ’n groep simptome wat verband hou met ’n afname in geheue, redenasie of ander denk­vaardighede. Verskillende soorte demensie bestaan, met Alzheimer se siekte een van die mees algemene vorms daarvan.

Die handhawing van ’n gesonde leefstyl kan iemand se kans om demensie op te doen, verminder.

Dit sluit in gereelde oefening, ’n gebalanseerde dieet, genoeg slaap, om sosiaal aktief te bly, en aktiwiteite wat die brein stimuleer soos lees en blokkiesraaisels invul.

Besoek adasa.org.za vir meer inligting.

Trans 50

Die span van Trans-50 se Fichardtpark-afteeoord in Bloemfontein het op Vrydag 18 Oktober derde in the Golden Oldies-kampioenskap in Kimberley geëindig. Van links is, voor: Thaan Fourie, Kleintjie Lightfoot, Alta Hattingh, Salome Venter en Andrea Kruger (oordbestuurder); agter: Magrita de Wet (leefstylkonsultant), Dries Dreyer en Frank Venter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article