Die Phokwane- plaaslike munisipaliteit het op ?’n raadsvergadering die 2022-’23-begroting goedgekeur.
Estelle Davies van die VF-Plus sê in ’n verklaring die tekortkominge is uitgewys, waaronder die onvoldoende voorsiening vir herstel en onderhoud van die padnetwerk. ’n Bedrag van R800 000 is wel vir die burgemeester, Tebogo Africa, se ampsmotor begroot.
Tariefverhogings is 6% vir vullisverwydering, eiendomsbelasting en water, en 7,47% vir krag.
Davies sê na aanleiding van die verhoogde tariewe kan die invorderingskoers verder daal.

