’n Dankbare deelnemer tydens een van die vorige Upington Extreme-uitdagings wat aangebied is.

Foto: Argief/Facebook: Upington Rotary Club

Die veiligheid van deelnemers geniet hoë voorkeur tydens die byeenkoms.

Vanjaar se bergfietsroete beloof om selfs meer opwindend as vorige jare te wees.

Avontuurlustiges het nog tot middernag van Woensdag (19/10) die kans om vir vanjaar se Upington Toyota Extreme-uitdaging van Saterdag (22/10) in te skryf.

Die geleentheid vind vanaf die Oranjerus-oord buite Upington plaas.

Deelnemers kan in een van twee kategorieë inskryf.

  • Die Extreme-kategorie bestaan uit 800 m swem in die Oranjerivier, 28 km fietsry op ’n bergfietsroete en 10 km draf op ’n veldwedlooproete langs die kanale en boorde.

Volgens die organiseerders wag daar ‘n opwindende komponent en verandering vir die fietsryers in die Extreme-kategorie.

Die baan is aangepas, en met goeie beplanning en samewerking van die Karsten-boerdery, is die verandering aangebring.

  • In die Lite-kategorie swem deelnemers 250 m, ry vir 14 km fiets en draf vir 5 km.

Individuele of spaninskrywings kan gedoen word; en skoolspanne is ook welkom.

Die geleentheid word deur die Rotary-klub van Upington aangebied en die organiseerders sien daarna uit om die geleentheid weer ten volle aan te bied – iets wat in 2019 laas weens die Covid-19-pandemie aangebied kon word.

Toeskouers is welkom om vanaf die Oranjerus-oord by Kanoneiland die gebeure waar te neem.

Oranjerus is teen die Oranjerivier geleë en kan via die R359 vanaf Upington bereik word, of via die N14, waarna die afdraai na Kanoneiland geneem moet word, tot waar die pad met die R359 kruis.

Die uitdaging begin 08:00 vanaf dié oord, en deelnemers moet reeds teen 07:00 daar wees om die inligtingsessie by te woon.

  • Skryf elektronies in by upingtonextreme.co.za en skakel 082-467-6000 vir enige navrae.
  • Besoek ook die Facebook-blad Upington Rotary Club vir meer inligting en foto’s uit die argief.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article