Atlete draf duine kaf by Askham

Tydens die onlangse Askham Boeresportdag kon atlete weer aan die Red Dune-uitdaging deelneem.


Tydens die onlangse Askham Boeresportdag kon atlete weer aan die Red Dune-uitdaging deelneem.

In die 20 km-afstand was Herald Selwyn Padmaker eerste in die mans­afdeling (1:26:46), gevolg deur Emmanuel Babaneng (1:26:47) en Christiaan Greyling (1:32:56).

In die 20 km-afstand was Landi Greyling eerste in die vroueafdeling (1:34:05), Kate Nugent tweede (1:45:57), en Jessica Lavies derde (2:22:47).

Llewellyn Rhyn was eerste in die 10 km-mansafdeling, Fabian Vas tweede en Lourens Botma derde. In die vroue-afdeling was Melissa Meyer eerste, Carma Scholtz tweede en Mariska Janse van Rensburg derde.

Besoek Askham Boeresport op Facebook vir meer uitslae en foto’s.

You need to be Logged In to leave a comment.