Aksie gedy in sewes-stryd

Met vanjaar se rugbyseisoen wat binnekort afskop, het die Kakamas-rugbyklub weer sy jaarlikse Kalahari-sewes­toernooi – vir die vierde jaar – aangebied.


Met vanjaar se rugbyseisoen wat binnekort afskop, het die Kakamas-rugbyklub weer sy jaarlikse Kalahari-sewes­toernooi – vir die vierde jaar – aangebied.

Die eerste wedstryde is Vrydagaand (22/02) gespeel. Saterdagoggend (23/02) is die spelers deur egte Kakamas-hitte begroet waarin die rugby- en netbalspelers om die Kala­hari- sewestitel meegeding het.

Die netbal-afdeling is deur Upington Dorp gewen – vir die tweede jaar agtereenvolgens.

Divisie 2 van die toernooi se sewesrugby is deur die Defence Force Collegians se tweede span gewen.

Rugbyspanne van so ver soos Kaapstad, Robertson en Windhoek het aan Divisie 1 deelgeneem en het die spanne van die Noord-Kaap laat les opsê.

Noordelikes van Avonwood in die Kaap het in die eindstryd teen Robertson uitgedraf en met ’n eindtelling van 26 – 12 koning gekraai.

You need to be Logged In to leave a comment.