Agterlyn steun op vervangings

Omdat hy op die krukkelys is, kon Stefan Ungerer nie vir Griekwas se Currie­beker­-­­wedstryd teen die Pumas oorweeg word nie.


Omdat hy op die krukkelys is, kon Stefan Ungerer nie vir Griekwas se Currie­beker­-­­wedstryd teen die Pumas oorweeg word nie.

Die twee spanne het mekaar Woensdag (02/02), ná Noordkaap­Bulletin se druktyd, in Kimberley gepak.

Pieter Bergh, afrigter van die Poubloues, het vier veranderinge – wat twee posisionele skuiwe insluit – aan die beginspan aangebring.

Dié span het twee weke gelede teen die Haaie vasgeval.

Al die veranderinge is in die agterlyn. Rynhardt Jonker skuif van binnesenter na heelagter in die plek van die beseerde Ashlon Davids (knie).

Jonker (21) se plek op binnesenter word deur Zander du Plessis ingeneem.

Du Plessis het die nr. 10-trui teen die Haaie gedra.

Theo Boshoff is die nuwe losskakel.

Op skrumskakel sal Raegan Oranje die skoene van Ungerer vul. Laasgenoemde sal sowat drie weke weens ’n kniebesering langs die kantlyn wees.

Hanru Sirgel (losvoorspeler), wat verlede jaar ’n elmboogbesering opgedoen het, asook Johan Mulder (skrumskakel), is op die plaasvervangersbank ingesluit.

Bergh het besluit om ’n bladsy uit die Springbok-“handleiding” te neem deur ses voorspelers op die plaasvervangersbank in te sluit.

“Wanneer jy teen die Pumas te staan kom, weet jy wat om van Jimmy Stonehouse (afrigter van die Laevelders) te verwag,” sê Bergh.

“Dit sal ’n stryd tussen die agttalle wees.”

Dit was die eerste keer sedert 24 Augustus 2019 dat toeskouers ’n kragmeting op Tafel Lager-park kon bywoon.

You need to be Logged In to leave a comment.