2 vas oor wapens

Die Valke het twee mans van Galeshewe in Kimberley in hegtenis geneem toe hulle met ’n skokgranaat en ’n on-wettige pistool in hul besit betrap is.


Die Valke het twee mans van Galeshewe in Kimberley in hegtenis geneem toe hulle met ’n skokgranaat en ’n on-wettige pistool in hul besit betrap is.

Kapt. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder in die Noord-Kaap, sê die Valke het Vrydag (18/02) inligting opgevolg en in hul huis op ’n 9 mm-Norinco-pistool met 21 koeëls en ’n standaard-skokgranaat afgekom.

Die verdagtes is on- derskeidelik sowat 48 en 26 jaar oud. Thebe sê die twee sal binnekort in die landdroshof in Kimberley op aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en plofstof verskyn. – Anena Burger

You need to be Logged In to leave a comment.